top of page

OPENBARING EN DIE WEDERKOMS
(PROFETIESE GETUIE VAN DIE NUWE TESTAMENT)


Die boek van Openbaring (NT), is God se getuie vir die wederkoms wat aan die einde van die wêreld se geskiedenis sal plaasvind. Ons gaan net kortliks verwys na die hoogtepunte in die boek om te bewys dat die Wederkoms die klimaks van die menslike geskiedenis is.

OPENBARING 1
DIE BELOFTE VAN DIE WEDERKOMS


Openb 1:7    

“Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf”

Alreeds in die begin van die boek, maak Johannes dit duidelik dat Jesus op die wolke sal kom, en dat almal hom sal sien soos Hy kom met die wolke. Diegene wat egter nie op sy waarskuwings ag slaan nie, sal dan rou, want hulle sal nie gered wees nie, maar verlore.

OPENBARING 2 EN 3

DIE 7 KERKE EINDIG MET WEDERKOMS

Openb 1:11    

“...skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Efese en Smirna en Pergamus en Thiatire en Sardis en Filadelfia en Laodicea.”

Die briewe is aan sewe letterlike kerke in Asië gerig en het betrekking op die innerlike (geestelike) toestand van die kerke. Hierdie briewe is ook profeties van aard en dek die innerlike toestand van die hele Christelike era, vanaf die tyd van die apostels tot en met die einde van wêreld se geskiedenis.

Openb 2:1,5    

Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese...Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke.  Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.”

Openb 2:8,10          

En skryf aan die engel in die gemeente van Smirna...   Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.”

Openb 2:12,16    

En skryf aan die engel van die gemeente in Pergamus...  Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.”

Openb 2:18,25    

En skryf aan die engel van die gemeente in Thiatíre...  Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.”

Openb 3:1,3    

En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis...    bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.”

Openb 3:7,11    

En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía...  Kyk, Ek kom gou!  Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.”
 
Openb 3:1,20    

“En skryf aan die engel van die gemeente van die Lodicense... Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop...”
 

DIAGRAM No 1 - TYDPERKE VAN DIE 7 KERKE

(* Datums gegee is net by benadering.)

Soos wat tyd verloop, het die innerlike toestand van die kerk verswak. Jesus is in die briewe besig om die kerk in die verskillende tydperke te vermaan om gereed te wees omdat Hy gou gaan kom, en baie gaan onverhoeds betrap word. Vir elke kerk (buiten Smirna) sê Hy dat Hy gou gaan kom, maar by Laodicense staan Hy alreeds voor die deur en klop. Die kerk van die Laodicense verteenwoordig ook die laaste kerklike tydperk, die tydperk van oordeel, voor die wederkoms aanbreek. Na die Hemelse Oordeel gaan Jesus op die wolke verskyn en aan elkeen wat die sonde en die Dier en sy beeld oorwin het, die beloofde geskenke gee, soos in die briewe beskryf word.

 

Gaan na die volgende studie:  OPENBARING 6 TOT 8:1

bottom of page