top of page

OPENBARING 8:2 TOT 11
DIE SEWE TROMPETTE (MET DIE INSETSELS VAN DIE EET VAN DIE BOEKIE EN DIE MEET VAN DIE TEMPEL EN DIE TWEE GETUES) EINDIG IN DIE WEDERKOMS


Openb 8:2    

En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.”

Trompette in die Bybel het te doen met waarskuwing. Vir die Jood was dit ‘n teken van die vyand of dat die groot Versoendag naby was. Die sewe Trompette is waarskuwende oordele d.m.v. politieke- en millitêre inmenging in die regerings van volke, wat ‘n direkte invloed op die Kerk uitgeoefen het. Dit is bedoel om God voor die nasies in herinnering te roep.

Openb 8:7    

En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi.  En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.”

Openb 8:8    

En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg, wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword...”

Openb 8:10    

En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine...”

Openb 8:12    

En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word...”

Openb 9:1-4    

En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee...”  En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put...  En uit die rook het daar sprinkane uitgekom... En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie...”

Openb 9:13,14,17,18    

En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is, en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.  En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse.  En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.  Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood...”

Openb 10:1,2,9-11    

En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal... en in sy hand het hy ‘n geopende boekie gehad...  En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie...  Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword...En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.”

Openb 11:1,2     

En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.  Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.  En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.”

Openb 11:15    

En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid... En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.”

Die eerste vier trompette verteenwoordig die die verbrokkeling van die oorspronklike Westerse- en Oosterse Romeinse Ryk. Die vyfde en sesde Trompette skets die aanslae van die Mohammedaanse stamme onder hul verskeie leiers, wat later verenig om ‘n nuwe godsdiens (Islam) te word wat die Christelike geloof sou bedreig. Die eerste insetsel (klein boekie) verteenwoordig die verkondiging van die oordeelsboodskap wat in die hemel ‘n aanvang geneem het in 1844, en wat die wêreld moes voorberei vir die spoedige wederkoms van Jesus. Die meet van die tempel is dan juis die oordeel wat in die hemel plaasvind voor die sewende Trompet geblaas word. Met die blaas van die sewende Trompet vind Jesus se langverwagte wederkoms plaas, waarin Hy die ewige koninkryk in besit neem en die finale oordeel oor sonde en die goddelose voltrek.
 

VERGELYKENDE TABEL TUSSEN
DANIËL 2 EN OPENBARING SE HISTORIESE PROFESIËE

bottom of page