top of page

OPENBARING 12 TOT 14
DIE GROOT STRYD TUSSEN BABILON EN GOD SE VOLK (DIE DIER < VALSE PROFEET EN MERK VAN DIE DIER, GOD SE LAASTE DRIE WAARSKUWINGS) WAT EINDIG IN DIE WEDERKOMS


Openb 12 tot 14 verteenwoordig die finale stryd tussen God en Satan en waarin beide se navolgers ‘n merk of seël ontvang om hulle van mekaar te onderskei. God openbaar Moderne Babilon (Satan en sy twee Godsdienstige Sisteme wat met hom saamwerk) wat die mensdom mislei in rebellie teen God se geopenbaarde wil. God rig drie laaste waarskuwings tot die misleide wêreld en roep sy kinders onder hulle uit, voor Hy Moderne Babilon met plae gaan tref. Hierna vind die Wederkoms plaas. Weereens verwys ons net na hoogtepunte uit die gedeelte.

Openb 12:17    

En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

Openb 13:1-4,11-14, 16-18    

“En ek het ‘n dier uit die see sien opkom... En die dier... was soos ‘n luiperd... ‘n beer... ‘n leeu; en die dreek het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees.  En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan...  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.  En hy oefen al die die mag van die eerste dier uit voor sy oë...  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal...  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is...  En hy maak dat almal... ‘n merk ...gegee word sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het nie...  En sy getal is seshonders-ses-en-sestig.”

Openb 14:6-12    

“En ek het ‘n ander engel... sien vlieg met ‘n ewige evangelie... En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.  En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon... omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn... van haar hoerery.  En ‘n derde engel het hulle gevolg en... gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk... ontvang... sal hy gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en die Lam.  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid...  Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.”

Openb 14:14-16    

“... en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit...  En ‘n ander engel het... geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai... omdat die oes oorryp geword het...  En Hy ...het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai...”
 

TABEL VAN OPENB 13 EN 14

Met die aanbreek van die Tyd van die Einde, spits Satan hom toe op die oorblyfsel (Saad) van God se kerk (diegene wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar). Deur die Pousdom (1ste Dier), Afvallige Protestantisme (2de Dier) en met die samewerking van die Draak (Spiritisme - New Age), word die ware volgelinge van Jesus vervolg. God gee aan die wêreld drie waarskuwings om nie die Dier se merk, naam of getal te aanvaar nie, op straf van vuur en swawel. God roep terselfdertyd sy kinders uit Babilon uit. Hierna vind die graanoes plaas, nl. die Wederkoms van Jesus.

 

Gaan na die volgende studie:  OPENBARING 15 EN 16

bottom of page