top of page

OPENBARING 6 TOT 8:1
DIE 7 SEËLS (INSLUITENDE DIE VERSEËLING VAN GOD SE DIENSKNEGTE) EINDIG IN DIE WEDERKOMS


Soos die sewe kerke die innerlike toestand van die Christelike era vanaf die apostels tot die wederkoms beskryf, so beskryf die sewe seëls die uiterlike toestand (politiek) van die Christelike era vanaf die apostels tot en met die einde van die wêreld se geskiedenis. Ons sal weereens net die hoogtepunte uitlig.
 
Openb 6:1,2    

“En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak...  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd.  En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n boog gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.”

Openb 6:3,4    

“En toe Hy die tweede seël oopgemaak het... En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.

Openb 6:5    

“En toe Hy die derde seël oopgemaak het...  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat darop sit, het ‘n skaal in sy hand.”

Openb 6:7,8    

“En toe Hy die vierde seël oopgemaak het...  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd.  Hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg.”

Openb 6:9    

“En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is terwille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.”

Openb 6:12-17   

“En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval...  En die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit , en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?”

Openb 7:2-4    

“En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God...  en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.  En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertig-duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel.”

Openb 8:1     

“En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank.”

Met die eerste vier seëls word die kerk as ‘n perd met sy ruiter voorgestel. Die kleur van die perd en die instrument in die hand van die ruiter verander soos die kerk haar suiwerheid (wit) verloor en uiteindelik heeltemal besoedeld raak (vaal soos die dood) deur haar valse leringe. Die vyfde seël word deur die miljoene martelare gesimboliseer wat deur die afvallige kerk in die donker eeue om die lewe gebring is. Die begin van die sesde seël voorspel dat Jesus se wederkoms op hande is, deur drie groot natuurtekens wat die naderende oordeel in die hemel aandui. Met die einde van die oordeel kom die sesde seël tot ‘n einde met die hemel wat toerol  soos ‘n boekrol en Jesus verskyn op die wolke met sy wederkoms.
Tydens die sewende seël is daar is stilte in die hemel, omdat almal gekom het om die bruid van Christus te kom haal. Weereens eindig nog ‘n afdeling in die boek van Openbaring in die Wederkoms van Jesus, om aan te toon hoe ‘n belangrike gebeurtenis dit werklik vir God en die mensdom is.
 

DIAGRAM No 2
VERGELYKING TUSSEN DIE 7 KERKE EN DIE 7 SEËLS

(* Datums gegee is net by benadering.)

 

Gaan na die volgende studie:  OPENBARING 8:2 TOT 11

bottom of page