top of page

OPENBARING 15 EN 16
DIE 7 LAASTE PLAE WAT EINDIG IN DIE WEDERKOMS


Openb 15:1,7       

“En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig...En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God...”

Die sewe laaste plae verteenwordig die ontskepping of verwoesting van die aarde deur die toorn van God oor die Bose, net vóór die Wederkoms. God se volk word onder ‘n groot verdrukking geplaas en met die dood gedreig. Omdat hulle nie die merk van die dier wil aanvaar nie, mag hulle dus nie koop of verkoop nie. Die plae dien ook as bewys dat die mensdom so verhard het in sonde, dat geen bekering meer moontlik is nie.

Openb 16:2    

“Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom...”

Openb 16:3    

“En die tweede engel het sy skaal op die see uit gegooi, en dit het bloed geword...”

Openb 16:4    

“En die derde engel het dy skaal uitgegooi op die die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword...”

Openb 16:8  

"En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense  met vuur te skroei...”

Openb 16:10    

“En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister...”

Openb 16:12    

“En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die Ooste af kom, reggemaak kon word.”

Openb 16:13,14,16    

“ En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.  Want dit is geeste van duiwels... wat uitgaan na die konings ...en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daar die groot dag van die almagtige God.  En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon.”

Openb 16:17-21      

“En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het ...van die hemel gekom... wat gesê het: Dit is verby!  En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom...  En die groot stad is in drie dele verdeel,  en die stede van die nasies het geval...  En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; en groot hael, ...’n talent swaar het uit die hemel op die mense geval...”
 

TABEL VAN OPENBARING 15 EN 16

Die 1ste plaag tref al die mense met bose en kwaai swere, wat die merk van die dier het. Die 2de maak alles in die see dood. Die 3de vergiftig al die riviere en ander waterbronne, sodat daar niks is om te drink nie. Die 4de laat die son toe om die mense met geweldige hitte te skroei. Die 5de verduister die troon van die dier. Die 6de laat steun vir die Pousdom opdroog, wat maak dat bose geeste die mense opstook om teen God se volk op te tree - gereed vir Armageddon. Met die val van die 7de plaag, word alles op aarde verwoes en God kan sê: “Dit is verby.” Donderslae en aardbewing en weerlig kan gehoor word, die finale teken vir die Wederkoms.

 

Gaan na die volgende studie:  OPENBARING 19 TOT 22

bottom of page