top of page

HOOGTEPUNT VAN DANIËL EN OPENBARING

In hierdie oorsig oor die boeke van Daniël en Openbaring, het ons die wonderlike ontdekking gemaak dat die grootste gebeurtenis wat die Kerk van God op hoop, die spoedige wederkoms van Jesus op die wolke, is.

Hebr 10:23,25    

“Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; ...en laat ons ons onderlinge byeenkoms, nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien naderkom.”

Elke ware gelowige hoop nie net op Christus om hom in die lewe voorspoed te gee nie. Sy werklike hoop is om totaal van die sonde bevry te wees en saam met sy Verlosser te wees. Dit is die hoop wat die Christelike Kerk steeds relevant in die moderne wêreld maak.
 
Sodra die Wederkoms van Jesus uit die oog verloor word, het die Christelike Kerk en haar boodskap van Verlossing geen betekenis meer nie. Om hierdie rede word Christene vermaan om nie laks te word nie, maar mekaar aan te spoor om getrou te bly tot die einde toe, want Jesus sal sy belofte gestand hou en ons kom haal na ons ewige tuiste saam met Hom.

Die groot vraag is: Waar pas die Geheime Wegraping van die Kerk voor die Groot Verdrukking en die 7 jarige Tydperk, die bekering van die Jode en die herbou van die Tempel in Jerusalem, in die prentjie? Ons volgende lesing, sal die antwoord op hierdie raaisel verskaf.

Ons moet egter nie toelaat, dat kronologie oor die gebeure tydens die slottonele van die wêreld, ons voorbereiding om gereed te wees in die wiele ry nie. Die belangrikste taak wat ons nou opgelê word, is om gereed te wees, asof Jesus enige oomblik kan verskyn.

Openb 12:11        

“En hulle het hom [die draak] oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie lief gehad nie.”

God stel drie vereistes vir die Christen in sy poging om gereed te wees vir wanneer Jesus kom: Ons moet die Draak (Satan en sonde) oorwin deur die bloed van Christus aan die Kruis as vergifnis en kwytskelding van my sonde te aanvaar (Regverdigmaking). Deur ‘n openbare belydenis af te lê, erken ek dat Jesus deur die Heilige Gees die Meester van my lewe is (Heiligmaking). As getroue dienskneg van Jesus, deur die inwonende krag van die Heilige Gees, is ek bereid om my lewe vir Jesus en Sy saak af te lê, al sou dit die dood beteken.

 

WIL U GEREED WEES VIR WANNEER JESUS EERSDAAGS VERSKYN?

 

AANVAAR U JESUS SE BLOED AS VERGIFNIS VIR JOU SONDE?

 

AANVAAR U JESUS AS DIE MEESTER VAN JOU LEWE?

 

IS U GEWILLIG OM HOM IN DIE HELE PAD VAN WAARHEID TE VOLG, SOOS HY DIT AAN ONS IN SY WOORD OPENBAAR?


Gaan na die volgende afdeling:  31. Die Tweede Dood van Openbaring

bottom of page