top of page

10 DAE VAN GEBED 2026

 

ONTKETEN!


DAG 9— Sien en Sorg Vir die Vergetenis

Handelinge 3:1-10
 

Tyd Alleen met God

Gebed

Verken die Woord
Lees Mattheus 25:31–46. Vir wie daag Jesus ons uit om te sorg? Hoe word Jesus persoonlik beïnvloed deur die manier waarop ons vir hierdie vergete mense sorg?

Insig van Ellen White:
Elke vriendelike daad wat in die Naam van Jesus gedoen word, word deur Hom aangeneem as iets wat Homself aangedoen word, want Hy vereenselwig Sy belange met dié van die lydende mensdom, en Hy het aan Sy kerk die groot werk opgedra om vir Jesus te sorg deur die behoeftiges en lydendes te help en tot seën te strek. Op almal wat met gewillige harte vir hulle sorg, sal die seën van die Here rus. (Raad oor Rentmeesterskap, bl. 164)

Gebedsfokus
Bid vir oë om mense in nood raak te sien asof hulle Jesus self is – en om vir hulle te sorg asof hulle Jesus self is.

Familie/Vriendekring

Verbindings Aktiwiteit
Nooi elke persoon in jou familie-/vriendekring om te vertel van iemand in die plaaslike gemeenskap wat op een of ander manier behoeftig is. Waarom sien ons nie almal dieselfde behoeftige mense raak nie?

Gebed vir die Heilige Gees

Verken die Woord
Lees Handelinge 3:1–4. Petrus en Johannes het al baie keer na die tempel gekom. Nooit tevore word daar genoem dat hulle by iemand in nood gestop het nie. Hoekom het hulle hierdie keer 'n persoon in nood raak gesien? (Sien Handelinge 2:4, eerste deel.)

Insig van Ellen White:
Christus se metode alleen sal ware sukses gee om die mense te bereik. Die Verlosser het met mense gemeng as iemand wat net die beste vir hulle wou hê. Hy het simpatie vir hulle getoon, in hulle behoeftes voorsien en hulle vertroue gewen. Toe het Hy hulle beveel: “Volg My.” (The Ministry of Healing, bl. 143 Vry Vertaal).

Gebedsfokus
Bid dat jy, Jesus se hart vir vergete mense in nood sal hê.

Kerkfamilie

Verwelkoming

Aanbidding in Gebed
LEIER VIR ALMAL: Sit saam met julle kleingroepe. Ons gebedspan sal julle kleingroepe nooi om saam deur die Woord van God te bid. Nadat julle vir 'n paar minute gebid het, sal julle hoor hoe die gebedspan een strofe van 'n lied begin sing. Wanneer julle dit hoor, gaan asseblief van gebed na sang oor.

Dank:
1. (KLEIN GROEPE) Lees Mattheus 9:35. Dank God vir Jesus se persoonlike bediening met mense, nie net met programme nie.
2. (ALMAL) Sing 'n danklied.

(Lied 140)

Bekeer jou:
1. (KLEIN GROEPE) Lees Mattheus 9:36. Bely ons gebrek aan liefde vir mense. Vra God om ons te vergewe dat ons nie die medelye van Jesus vir mense in nood het nie.
2. (ALMAL) Sing 'n lied van bekering.

(Lied 173)

Vra:
1. (KLEIN GROEPE) Lees Matteus 9:37, 38. Vra God om jou in Sy oes uit te stuur om vir mense in nood te sorg.
2. (KLEIN GROEPE) Sing 'n lied van die Heilige Gees.

(Lied 454)

Getuig
(KLEIN GROEPE)
Vorm groepe van twee of drie binne julle kleingroepe. Vra en antwoord: “Hoe het God julle gehelp met gister se 24-uur-uitdaging?”


(Gister se 24-uur-uitdaging: Vra God om jou een ding te wys wat Hy graag sou wou hê jy moes doen om in 'n behoefte van iemand in jou kerkfamilie te voorsien. Offer om daardie liefdesdaad te doen voor môre se byeenkoms.)

Verbindings Aktiwiteit
LEIER VIR ALMAL: Werk twee of drie saam. Vertel jou maat van 'n tyd toe 'n vreemdeling medelye met jou nood gehad het en jou gehelp het. Hoe het dit jou lewe destyds beïnvloed? Bid saam dat die Heilige Gees die Woord van God sal seën.

Aanbidding in Woord
(KLEIN GROEPE)
Lees Handelinge 3:1–10. Hoe het die “sien” van die kreupele daartoe gelei dat Petrus en Johannes vir hom gesorg het?


Insig van Ellen White:
Daar is 'n behoefte om nader aan die mense te kom deur persoonlike pogings. As minder tyd aan preke gegee word, en meer tyd aan persoonlike bediening bestee word, sou groter resultate gesien word. Die armes moet verlig word, die siekes versorg word, die hartseer en die bedroefdes vertroos word, die onkundiges onderrig word, die onervare raad gegee word. Ons moet ween saam met diegene wat ween, en bly wees saam met diegene wat bly is. Vergesel deur die krag van oorreding, die krag van gebed, die krag van die liefde van God, sal hierdie werk nie, en kan dit nie, sonder vrugte wees nie. (The Ministry of Healing, pp. 143, 144 Vry Vertaal)

Gebedsfokus
LEIER VIR ALMAL: Bid in jou kleingroep om mense te sien soos Jesus hulle sien. Bid dat jou hart deur medelye beweeg sal word wanneer jy mense met onvervulde behoeftes sien.

Oproep
LEIER AAN ALMAL: Wie het die hart van Jesus nodig vir die vergetenis in jou gemeenskap? Kom bid saam met my vir Jesus se medelye met diegene in nood.

24-uur-uitdaging
LEIER VIR ALMAL: Vra God om vir jou iemand te wys wat in jou gemeenskap vergete of agtergeblewe is. Vra God wat daardie vergete persoon van jou en van die Here Jesus nodig het.
Gaan bedien daardie persoon in Jesus se Naam voor môre se byeenkoms. Lees Handelinge 4:32-37 ter voorbereiding vir môre.


Gepubliseer deur die Wêreld Konferensie Ministeriële Departement. Daaglikse Lesings deur Lr. Don MacLafferty Vertaal deur Lr. M.E. Fürstenburg

GAAN NA DIE INHOUDSOPGAWE

DAG 1     DAG 2     DAG 3     DAG 4     DAG 5     DAG 6     DAG 7     DAG 8     DAG 9     DAG 10

 

bottom of page