top of page

10 DAE VAN GEBED 2025

 

Maar wanneer jy bid...
DAG 2 — LEER ONS BID


En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.” (Lukas 11:1) Die Hartklop van die Christelike Lewe Gebed is noodsaaklik, selfs lewens belangrik.


"Neem elke oggend tyd om u werk met gebed te begin. Moenie dink dat dit tyd mors is nie; Dit is tyd saam met God wat deur die ewige eeue sal bly leef. Op hierdie manier sal sukses en geestelike oorwinning behaal word" (Testimonies for the Church, vol. 7, bl. 194 Vry Vertaal).

Die dissipels was dikwels getuies van hoe Jesus gebid het. Hulle het opgemerk dat Hy 'n ander gebedslewe as hulle s'n gehad het. Die dissipels was goeie geestelike mense. Hulle het toegewyde harte gehad en wou God dien. Hulle het kerk toe gegaan, Sabbat gehou, getrou tiendes terug gebring en rein kosse geëet. Almal in Israel, veral die dissipels, het geweet hoe om te bid, nie waar nie?

Ons dink ons weet hoe om te bid. Selfs kinders weet hoe om te bid. Maar toe die dissipels Jesus sien en hoor bid – en hulle gebede met Syne vergelyk het – het hulle besef dat hulle nie weet hoe om te bid nie. Dit is die rede waarom hulle gesê het, "Leer ons bid" (Lukas 11:1).


Ons neem aan dat gebed so eenvoudig is. En ja, God sou na die eenvoudigste gebed luister. Maar ons moet voortdurend ons gebedslewe verbeter.


Die dissipels het opgemerk dat hulle sou preek, maar niemand was oortuig nie. Hulle sou probeer om demone uit te dryf, maar hulle het geen krag gehad nie. Hulle het vir Jesus gevra, "Hoe doen U dit?" Jesus het gesê, "Deur vas en gebed"
Jesus sê basies dat u nie dinge in u eie wysheid en krag kan doen nie; dit is net in God se krag. Vir u om sukses te behaal, moet u ernstig bid. In die boek Romeine sê Paulus dat die Heilige Gees vir ons moet intree omdat ons nie eers weet hoe om te bid nie (Romeine. 8:26).

"Gebed is die asem van die siel. Dit is die geheim van geestelike krag. . . . Verwaarloos die beoefening van gebed, of neem nou en dan krampagtig deel aan gebed, soos dit gerieflik lyk, en u verloor u greep op God" (Prayer, bll. 12, 13 Vry Vertaal).

Jesus het 'n kragtige gebedslewe gehad en het dikwels die hele nag in gebed deurgebring. "Jesus self het dikwels gebid terwyl Hy op aarde onder mense gewandel het. . . . Hy is in alle dinge ons voorbeeld. . . . Sy menswording het gebed 'n noodsaaklikheid en 'n voorreg gemaak. Hy het troos en blydskap in gemeenskap met Sy Vader gevind. En as Verlosser van die mens, het die Seun van God, behoefte aan gebed gehad, hoeveel te meer behoort swakke, sondige sterflinge hulle behoefte aan vurige, volgehoue gebed besef" (Skede na Christus, bll. 93, 94).


Jesus het gebed Sy prioriteit gemaak, die eerste ding voor die dag begin het. "En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ‘n eensame plek vertrek en daar gebid." (Markus 1:35). Jesus het 'n tyd en 'n plek vir gebed gehad.

Toe die dissipels gesê het, "Leer ons hoe om te bid," het Jesus nie vir hulle gesê, "Bid met hierdie woorde," nie soos 'n gedig nie. Trouens, Hy het duidelik vir hulle gesê om nie dieselfde woorde te herhaal elke keer as hulle bid nie (Mattheus. 6:7). Jesus self het 'n ander soort gebed in Johannes 17 gebid, volgens die behoefte van die situasie.

"Gebed is die uitsorting van ons hart tot God soos tot 'n vriend" (Skrede na Christus, bl. 93). In gebed maak ons ons hart oop vir God in eerlike gesprekke, soos 'n dialoog. As u dieselfde woorde herhaal elke keer as u bid, sal dit roetine word en u sal nie eers dink aan wat u sê nie.
Gebed en studie van die Woord gaan altyd saam. Deur gebed praat ons met God; deur die Woord praat God met ons.

Jesus het 'n lewe van gebed gelei. Hy het vroeg oggend gebid, Hy het na 'n spesifieke plek gegaan vir gebed, en Hy het openlik met God gesels. Hy is ons voorbeeld. Hy roep ons om net soos Hy te bid.

Kom ons bid saam.
Gebedstyd (30–45 minute)

Alle gebedsgroepe het verskillende maniere om saam te bid. Ons moedig u aan om die volgende 30-45 minute in verenigde gebed deur te bring, op watter manier ook al die Heilige Gees lei. Ons moedig kort gespreksgebede aan (1-3 sinne). Dit laat meer mense toe om verskeie kere te bid.


Hieronder is 'n paar voorbeelde van gebed deur die Skrif gebaseer op die tema. U kan ook deur ander gedeeltes bid en ander onderwerpe in u gebedstyd insluit. Sien die Leiersgids en Wêreldkerk-gebedsversoeke vir gebedsidees.

Bid God se Woord — Lukas 11:1
En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.” (Lukas 11:1)

  • ""‘n Sekere plek besig was om te bid"

Vader, leer ons om soos Jesus te bid. Ons erken dat ons verskonings maak en afgelei word en besig raak. Help ons om die beste tyd en plek te kies om elke dag met U te ontmoet. Verander ons prioriteite en help ons om nuwe gewoontes te vorm wat ons na U teenwoordigheid lei.
 

  • "Leer ons bid"

Ja, Here, wys ons hoe om te bid net soos U vir die dissipels gewys het. Dankie vir die pragtige voorbeeld van die Onse Vader. Wys ons hoe om U voorbeeld te volg in ons gebede en ons lewens. Vul ons met die Heilige Gees en gebruik ons gebede om ons huise, ons kerk, ons gemeenskap en U koninkryk te transformeer.

Meer gebedsvoorstelle

  • Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale seëninge en vir Sy goedheid.

  • Belydenis: Neem 'n paar minute vir privaat belydenis en dank God vir Sy vergifnis.

  • Leiding: Vra God om wysheid te gee vir huidige uitdagings en besluite wat u moet maak.

  • Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk behoeftes (sien aparte blad met versoeke).

  • Plaaslike versoeke: Bid vir huidige behoeftes van kerklede, familie en bure.

  • Luister en reageer: Neem tyd om na God se stem te luister en reageer in lofprysing of liedere.


Voorstelle vir Liedere

SDA Hymnal:

  • Sweet Hour of Prayer (#478);

  • Hear Our Prayer, O Lord (#684);

  • What a Friend We Have in Jesus (#499)


Advent Lofliedere:

  • Gewyde ure van Gebed(#267);

  • Hoor ons bede, Heer(#48);

  • Welk ‘n vriend het ons in Jesus(#271)

GAAN NA DIE INHOUDSOPGAWE

DAG 1     DAG 2     DAG 3     DAG 4     DAG 5     DAG 6     DAG 7     DAG 8     DAG 9     DAG 10

bottom of page