
ONTKETEN!
DAG 3— Ontmoet Jesus wanneer Hy ons verras
Handelinge 1:9-11
Tyd Alleen met God
Gebed
Verken die Woord
1. Lees Johannes 14:1–3. Wat berei Jesus persoonlik vir ons voor, voordat Hy terugkeer?
2. Lees Handelinge 1:9–11. Hoe sal Jesus terugkeer?
Insig van Ellen White:
Toe die tyd aangebreek het vir Christus om na Sy Vader op te vaar, het Hy Sy dissipels tot by Betanië uitgelei. Daar het Hy stilgestaan, en hulle het Hom omring. Met Sy hande seënend uitgestrek, asof Hy hulle van Sy beskermende sorg wou verseker, het Hy stadig tussen hulle uit opgevaar. “En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.” Lukas 24:51. (Die Handelinge van die Apostels, bl. 32)
Terwyl die dissipels na bo staar om die laaste glimp van hulle opvarende Here te ontvang, is Hy met groot vreugde deur die hemelse engele ontvang. Terwyl daardie engele Hom na die hemelse howe vergesel het, het hulle triomfantlik gesing: “o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here!, o koninkryke van die aarde; Van Hom wat ry op die hoogste hemele ... Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel, en sy sterkte is in die wolke.” (Psalm 68:33–35). (Die Handelinge van die Apostels, bl. 32, 33)
Gebedsfokus
Vra God om jou hart voor te berei om Jesus binnekort te ontmoet.
Familie/Vriendekring
Verbindings Aktiwiteit
1. Nooi almal om te dink oor hoeveel minute jy graag voor of na 'n geskeduleerde afspraak wil arriveer.
2. Vra almal wat daarvan hou om vroeg te arriveer om hul hande op te steek om aan te dui hoeveel minute hulle vroeg wil arriveer.
3. Vra almal wat gemaklik is om later te arriveer om hul hande op te steek om aan te dui hoeveel minute hulle bereid is om laat te arriveer.
Gebed vir die Heilige Gees
Verken die Woord
1. Lees Mattheus 24:42–44. Hoe sal Jesus se wederkoms soos 'n dief wees?
2. Hoe kan ons die beste voorberei vir Jesus se wederkoms?
Insig van Ellen White:
Die belofte van Christus se tweede koms moes altyd lewendig in die gedagtes van Sy dissipels bly.
Dieselfde Jesus wat hulle na die hemel sien opvaar het, sou weer kom om diegene wat hulle hier op aarde aan Sy diens wy, na Hom toe te neem. Dieselfde stem wat aan hulle gesê het: “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld,” sou hulle in die hemelse koninkryk in Sy teenwoordigheid verwelkom. (Die Handelinge van die Apostels , bl. 33)
Gebedsfokus
Bid saam dat die Heilige Gees elke persoon in julle kring sal voorberei om Jesus te ontmoet wanneer Hy terugkom.
Kerkfamilie
Verwelkoming
Aanbidding in Gebed
LEIER VIR ALMAL: Sit saam met julle kleingroepe. Ons gebedspan sal julle kleingroepe nooi om saam deur die Woord van God te bid. Nadat julle vir 'n paar minute gebid het, sal julle hoor hoe die gebedspan een strofe van 'n lied begin sing. Wanneer julle hoor, gaan asseblief van gebed na sang oor.
Prys Jesus vir Sy koms!
1. (KLEIN GROEPE) Lees Openbaring 22:7, 12, 13, 20. Kies een van hierdie beloftes en prys Jesus vir wat die belofte oor Hom sê.
2. (ALMAL) Sing 'n lied oor Jesus se wederkoms.
(Lied 394)
Bekeer jou:
1. (KLEIN GROEPE) Lees Openbaring 22:10, 11. Bid dat God ons almal tot bekering sal roep terwyl ons tyd het om ons tot Hom te bekeer.
2. (ALMAL) Sing 'n lied van bekering.
(Lied 168)
Vra vir die Heilige Gees:
(KLEIN GROEPE) Lees Openbaring 22:17. Vra om die Heilige Gees te ontvang om ons geestelike dors te les. Bid om ons vreugde, vrede en liefde in die Heilige Gees te vind.
(ALMAL) Sing 'n lied van die Heilige Gees.
(Lied 148)
Getuig
(KLEIN GROEPE)
Vorm groepe van twee of drie binne julle kleingroepe. Vra en antwoord: “Wat het God julle gehelp om met gister se 24-uur-uitdaging te doen?”
(Gister se 24-uur-uitdaging: Lys jou vier topprioriteite in die lewe op die oomblik – wees eerlik oor die huidige realiteit van waar jou hart en fokus is. Bid en lees Jakobus 1:5–8. Vra God wat Hy wil hê jou top vier prioriteite moet wees. Maak 'n lys en plaas dit waar jy dit elke dag kan sien. Met God se hulp, neem nou 'n geloofstap om volgens Sy prioriteite vir jou lewe te leef!)
Verbindings Aktiwiteit
LEIER VIR ALMAL: Staan in 'n sirkel met jou kleingroepe. Vra elke persoon om beurte te maak om iets uit te beeld wat moeilik is om in die lewe voor te wag. Groeplede mag raai wat elke persoon uitbeeld.
Aanbidding in Woord
(KLEIN GROEPE)
1. Lees 1 Thessalonicense 4:16–18. Wat sal Jesus se koms die beste dag op hierdie planeet maak?
2. Lees Mattheus 25:1–13. Wat kan ons uit hierdie gelykenis leer oor die voorbereiding vir Jesus se spoedige koms?
Insig van Ellen White:
Na die Heiland se hemelvaart was hulle nog altyd bewus dat die Goddelike teenwoordigheid, vol liefde en lig, nog steeds by hulle was. Dit was 'n persoonlike teenwoordigheid. Jesus, die Heiland, wat met hulle gewandel en gespreuk en gebid het, wat hulle harte bemoedig en getroos het, is met die vredesboodskap op Sy lippe uit hulle midde in die hemel opgeneem. Toe die engelewa Hom ontvang, het hulle nog Sy woorde gehoor: "Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld." (Matteus 28:20.)
Hy het in menslike gedaante na die hemel opgevaar. Hulle het geweet dat Hy, nog immer hulle Vriend en Verlosser, voor die troon van God was; dat Sy toegeneenthede nog onveranderd was; dat Hy Hom vir ewig met die lydende mensdom vereenselwig. Hulle het geweet dat Hy God die deugde van Sy bloed aanbied en dat Hy Sy deurboorende hande en voete aan Hom toon ter herinnering aan die prys wat Hy vir Sy verlostes betaal het; en hierdie gedagte het hulle versterk om ter wille van Hom smaad te verduur.
Hulle verbintenis met Hom was nou sterker as toe Hy persoonlik by hulle was... Die lig en liefde en krag van 'n inwonende Christus het deur hulle uitgestraal, sodat mense dit gesien en hulle daarvoor verwonder het. (Die Handelinge van die Apostels, bl. 65)
Gebedsfokus
LEIER VIR ALMAL: Bid saam dat God ons 'n dringende behoefte sal gee in die voorbereiding om Jesus van aangesig tot aangesig te ontmoet tydens Sy wederkoms.
Oproep
LEIER VIR ALMAL: Jesus berei 'n plek voor vir jou om in ewigheid saam met Hom te woon. Wie van julle het die Heilige Gees nodig om julle te help voorberei vir Jesus se spoedige wederkoms? Kom ons bid saam.
24-uur-uitdaging
Vra God: “Wat moet ek doen in my verhouding met Jesus sodat ek gereed is om Hom persoonlik te ontmoet wanneer Hy kom?” Maak jou hart oop vir wat God ook al in en deur jou wil doen. As Hy jou beïndruk om iets te doen, neem daardie stap in jou verhouding met Hom. (Lees Handelinge 1:12–14 ter voorbereiding vir môre.)
Gepubliseer deur die Wêreld Konferensie Ministeriële Departement. Daaglikse Lesings deur Lr. Don MacLafferty Vertaal deur Lr. M.E. Fürstenburg
DAG 1 DAG 2 DAG 3 DAG 4 DAG 5 DAG 6 DAG 7 DAG 8 DAG 9 DAG 10
