top of page

10 DAE VAN GEBED 2025

 

Maar wanneer jy bid...
DAG 4 — ONBEANTWOORDE GEBEDE (EN GELOOF)


“...maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag...” (Jesaja 40:31)

Om te Wag
Dit is nie lekker om te wag nie. Wie hou daarvan om te wag? Wag by die dokter se spreekkamer, wag in die ry by die winkel, wag vir 'n vertraagde vlug, wag vir iemand wat laat is vir 'n afspraak.


Abraham moes 25 jaar wag om 'n antwoord op sy gebed te kry. Moses het 40 jaar gewag vir God om uiteindelik in te gryp. Josef was 'n slaaf vir 'n paar jaar en het toe 'n paar jaar in die tronk gesit – nie 'n prettige plek om te wag vir God se ingryping nie! Daar is baie voorbeelde van mense wat moes wag vir hulp wat ons in die Bybel vind.
Alhoewel om te wag ons geduld toets, sê die Bybel dat een kenmerk van God se volk geduld is.


Dieselfde geld vir gebed. Dikwels moet ons wag vir 'n antwoord.

"Daar sal 'n antwoord op elke opregte gebed wees. Dit kom dalk nie net soos jy wil hê nie, of op die tyd wat jy dit wil hê nie; maar die antwoord sal op die regte plek en op die regte tyd kom wat die beste in jou behoefte sal voorsien. Die gebede wat jy in eensaamheid, in moedeloosheid, in beproewing bid, verhoor God, nie altyd volgens jou verwagtinge nie, maar altyd vir jou beswil" (Messages to Young People, p. 250 Vry Vertaal).

Wanneer ons nederig en ons behoefte op 'n duidelike, spesifieke manier tot God bring, en ons totale afhanklikheid van God erken, antwoord Hy. Ons moet egter dikwels wag. Ons moet dikwels al ons hulpbronne en opsies opgebruik voordat God ingryp, sodat ons met sekerheid kan weet dat dit Hy was wat ons geantwoord het. As Hy onmiddellik antwoord, kan ons dalk net al die krediet vir onsself neem.

Wanneer daar geen moontlike uitkoms op 'n krisis is nie, antwoord God, en dan gebeur dinge wat ons nie eens self aan kon dink nie. "Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” (Jeremia 33:3)

As God egter nie antwoord op die tyd en op die manier waarop ons vra nie, mag ons egter dink Hy glad nie geantwoord het nie. God verhoor eerlike, nederige gebede, en Sy antwoord is altyd die beste moontlike antwoord vir jou.

U is geroep om die liefde van God te ken (Efesiers. 3:19). Dit is al wat u nodig het. Hoe meer u Hom ken, hoe meer sal u Hom vertrou, hoe meer vrede sal u hê, en hoe meer sal u bereid wees om te wag vir Sy leiding en ingryping. Vestig u oë op Hom, Sy liefde, Sy beloftes en die manier waarop Hy in die verlede gelei het.

"U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.” (Jesaja 26:3) God ken die toekoms. Hy gee om vir u, maar Hy gee ook om vir ander. Hy mag dalk nie nou antwoord nie, want Hy het 'n beter antwoord vir u, of dit is nie die beste tyd nie, of u is nie gereed vir Sy plan vir u lewe nie. Hy het dalk 'n ander antwoord wat ander behoeftes aanspreek, dinge waaraan u dalk nie dink nie. Hy kan ook iets in u lewe toelaat as die enigste manier om iemand anders te bereik wat andersins nie bereik sou word nie. Baie dinge gebeur wat ons net in die hemel sal verstaan.
Hou in gedagte, Jesus het nie gekom en gesterf om vir ons 'n gemaklike lewe op aarde te gee nie.
Trouens, Hy het gesê dat ons in hierdie wêreld beproewinge sal hê (Johannes 16:33). Hy gebruik dikwels beproewings om ons lesse te leer wat nodig is vir karakter groei en verlossing. "Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;” (2 Korinthiers 4:17)

In plaas daarvan om God te vra om uitdagings uit die weg te ruim, vra Hom eerder om u te help groei en daardeur te leer. Ons grootste behoefte is nie die behoeftes waarvoor ons bid nie, hoewel dit meestal werklike behoeftes is. Ons grootste behoefte is om ons God te ken. Hoe beter u Hom ken, hoe meer vertrou u Hom, en hoe meer laat u Hom toe om te werk in u lewe. God roep u om Hom te soek in gebed en Sy teenwoordigheid, Sy plan, Sy leiding vir u lewe te soek.


Probeer om Hom te ken voordat u antwoorde en hulp soek, werp dan daarna al u bekommernisse op Hom en wag op Hom.

Kom ons bid saam.
Gebedstyd (30–45 minute)

Alle gebedsgroepe het verskillende maniere om saam te bid. Ons moedig u aan om die volgende 30-45 minute in verenigde gebed deur te bring, op watter manier ook al die Heilige Gees lei. Ons moedig kort gespreksgebede aan (1-3 sinne). Dit laat meer mense toe om verskeie kere te bid.


Hieronder is 'n paar voorbeelde van gebed deur die Skrif gebaseer op die tema. U kan ook deur ander gedeeltes bid en ander onderwerpe in u gebedstyd insluit. Sien die Leiersgids en Wêreldkerk-gebedsversoeke vir gebedsidees.

Bid God se Woord — Jesaja 40:31
“...maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag...”

 

  • "...maar die wat op die HERE wag..."

Onse Vader, ons hou nie daarvan om te wag nie. Om te wag maak ons angstig en bang, daarom jaag ons voorwaarts en soek ons, ons eie oplossings. Leer ons om in U te rus soos 'n kind in sy vader se arms rus. Gee ons geloof om te weet dat U die toekoms in U magtige hand hou. Mag ons deur geloof lewe, nie deur aanskouing nie.

  • "...kry nuwe krag..."

Here, soms word ons moeg vir die lewe in hierdie gebroke wêreld. Ons word uitgeput deur siekte, meningsverskille, armoede, ongeregtigheid en eensaamheid. Rig asseblief ons oë op na die hemel en vernuwe ons krag. Leer ons om op U te steun en krag te vind in U beloftes. Wanneer ons swak is, dan verbind U ons met U krag.

Meer gebedsvoorstelle

  • Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale seëninge en vir Sy goedheid.

  • Belydenis: Neem 'n paar minute vir privaat belydenis en dank God vir Sy vergifnis.

  • Leiding: Vra God om wysheid te gee vir huidige uitdagings en besluite wat u moet maak.

  • Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk behoeftes (sien aparte blad met versoeke).

  • Plaaslike versoeke: Bid vir huidige behoeftes van kerklede, familie en bure.

  • Luister en reageer: Neem tyd om na God se stem te luister en reageer in lofprysing of liedere.


Voorstelle vir Liedere

SDA Hymnal:

  • Leaning on the Everlasting Arms (#469);

  • It Is Well with My Soul (#530);

  • Be Still, My Soul (#461)


Advent Lofliedere:

  • O die Rein Genot van Gemeenskap Soet(#261);

  • As Vrede My Pad Hier op Aarde

  • Verlig(#250);

  • Wees Stil, My Siel(#309)

GAAN NA DIE INHOUDSOPGAWE

DAG 1     DAG 2     DAG 3     DAG 4     DAG 5     DAG 6     DAG 7     DAG 8     DAG 9     DAG 10

 

bottom of page