
ONTKETEN!
DAG 4— Kom Nederig Saam in die Gesindheid van Christus
Handelinge 1:12–14
Tyd Alleen met God
Gebed
Verken die Woord
1. Lees Handelinge 1:12–14. In die lys van mense wat in die bovertrek was, wie verras jou die meeste? Waarom?
2. Lees Romeine 3:23. Hoe roep hierdie waarheid ons almal tot nederigheid in hoe ons mekaar sien?
Insig van Ellen White:
Terwyl die dissipels op die vervulling van die belofte gewag het, het hulle hulle harte in opregte berou verootmoedig en hulle ongeloof bely. Toe hulle die woorde wat Christus voor Sy dood gespreek het, in herinnering roep, het hulle die betekenis daarvan beter verstaan. Waarhede waarvan hulle reeds vergeet het, is weer te binne gebring en hulle het dit aan mekaar herhaal. Hulle het hulself verwyt omdat hulle die Heiland misverstaan het. Die een toneel van Sy wonderlike lewe na die ander het soos 'n optog voor hulle geestesoog verbygetrek. Terwyl hulle oor Sy rein, heilige lewe gepeins het, het hulle gevoel dat geen inspanning te swaar en geen opoffering te groot sou wees as hulle maar net in hulle lewens van die lieflikheid van Christus se karakter kon getuig nie. Ag, as hulle net die afgelope drie jaar kon oorleef, so het hulle gedink, hoe anders sou hulle optree! As hulle die Here tog net weer kon sien, hoe anders sou hulle streef om aan Hom te wys hoe lief hulle Hom het en hoe opreg bedroef hulle was omdat hulle Hom ooit deur woord of deur ongelowige daad leed aangedoen het! Maar die gedagte dat Hy hulle dit vergewe het, het hulle getroos. En hulle het hulle voorgeneem dat hulle sover dit moontlik was, vir hulle ongeloof sou vergoed deur Hom moedig voor die wêreld te bely.
(Die Handelinge van die Apostels, bl. 36)
Gebedsfokus
Bid dat niks in die pad sal staan van hoe jy jou familie, vriende en gemeente waardeer en koester nie.
Familie/Vriendekring
Verbindings Aktiwiteit
Vorm saam met jou familie/vriende ’n sirkel met julle rue na mekaar toe. Vra: “Watter gesindhede in hierdie sirkel trek ons die meeste na mekaar toe?” Neem een antwoord van elke persoon in die sirkel.
Wanneer hulle antwoord, nooi hulle om, om te draai en na die sirkel te kyk—totdat almal vir mekaar kyk.
Gebed vir die Heilige Gees
Verken die Woord
1. Lees Filippense 2:5–8. Wat beteken dit om die gesindheid en ingesteldheid van Christus te hê? Hoe behoort dit die manier te beïnvloed waarop ons mekaar in ons familie- en vriendekring behandel?
Insig van Ellen White:
Hierdie dae van voorbereiding was dae van diepgaande selfondersoek. Die dissipels het hulle geestelike nood gevoel en tot die Here geroep om die heilige salwing wat hulle geskik sou maak vir die sielereddingswerk. Hulle het nie net vir hulleself ’n seën afgesmeek nie. Die las om siele te red het swaar op hulle gerus. Hulle het besef dat die evangelie aan die wêreld verkondig moes word, en hulle het die krag opgeëis wat Christus beloof het. (Die Handelinge van die Apostels, bl. 37)
Gebedsfokus
Bid vir die gesindheid en ingesteldheid van Jesus Christus. Bid vir die nederigheid van Jesus in jou interaksies met elke persoon in jou familie- en vriendekring.
Kerkfamilie
Verwelkoming
Aanbidding in Gebed
LEIER VIR ALMAL: Sit saam in julle kleingroepe. Ons gebedspan sal julle kleingroepe nooi om saam deur die Woord van God te bid. Nadat julle vir 'n paar minute gebid het, sal julle hoor hoe die gebedspan een strofe van 'n lied begin sing. Wanneer julle dit hoor, gaan asseblief van gebed na sang oor.
Prys Jesus vir Sy koms!
1. (KLEIN GROEPE) Lees Openbaring 22:7, 12, 13, 20. Kies een van hierdie beloftes en prys Jesus vir wat die belofte oor Hom sê.
2. (ALMAL) Sing 'n lied oor Jesus se wederkoms.
(Lied 399)
Dank:
1. (KLEINGROEPE) Lees Matteus 11:28, 29. Bid dankgebede vir die sagmoedige en nederige hart van Jesus.
2. (ALMAL) Sing ’n lied van dankbaarheid.
(Lied 97)
Berou:
1. (KLEINGROEPE) Lees Matteus 11:29, wat sê dat Jesus nederig van hart is. Bid vir die nederigheid van Jesus en om trots in jou hart aan te spreek. Bely jou trots en vra vir die hart van Jesus.
2. (ALMAL) Sing ’n lied van bekering.
(Lied 190)
Vra:
1. (KLEINGROEPE) Lees Matteus 11:30, waar Jesus getuig dat Sy juk sag en Sy las lig is. Dit is die krag van die Heilige Gees wat Jesus se juk lig maak vir elkeen van ons. Vra dat die Heilige Gees die Woord sal seën en Sy rus aan elke persoon sal gee
2. (ALMAL) Sing ’n lied oor die Heilige Gees.
(Lied 146)
Getuig
(KLEIN GROEPE)
Vorm groepe van twee of drie binne julle kleingroepe. Vra en antwoord: “Wat het God julle mee gehelp om met gister se 24-uur-uitdaging te doen?”
(Vra God: “Wat moet ek doen in my verhouding met Jesus sodat ek gereed is om Hom persoonlik te ontmoet wanneer Hy kom?” Maak jou hart oop vir wat God ook al in en deur jou wil doen. As Hy jou beïndruk om iets te doen, neem daardie stap in jou verhouding met Hom.)
Verbindings Aktiwiteit
LEIER VIR ALMAL: Staan in ’n sirkel saam met julle kleingroepe. Vra elke persoon om die beste illustrasie te deel wat hulle vir die woord “EENHEID” kan gee.
Aanbidding in Woord
(KLEIN GROEPE)
1. Lees Handelinge 1:12–14. Watter mense in die bovertrek kon twyfel of bekommernis veroorsaak het? Waarom?
2. Lees Johannes 17:20–23. Wat het Jesus, God die Vader gevra om vir ons almal as Sy volgelinge te doen.
3. Lees Efesiërs 4:30–32. Tot watter mate behoort ons mekaar te vergewe?
Insig van Ellen White:
Die dissipels het met groot erns gebid dat hulle instaat gestel moes word om met mense om te gaan en in hulle daaglikse verkeer woorde te spreek wat sondaars na Christus sou lei. Hulle het alle geskille en elke verlange na voorrang uit die weg geruim en in Christelike gemeenskap nader aan mekaar gekom. (Die Handelinge van die Apostels, bl. 37)
Gebedsfokus
LEIER VIR ALMAL: Bid in julle kleingroepe vir die nederigheid van Jesus in hoe ons mekaar sien en behandel.
Oproep
LEIER VIR ALMAL: Wie het die hart van Jesus nodig om te vergewe en volledige eenheid met almal in hierdie gemeente te vind? Ek nooi jou om vorentoe te kom terwyl ons bid dat God wonders in ons harte sal doen.
24-uur-uitdaging
Vra God watter persoon in jou lewe die meeste jou liefde, vriendelikheid, respek of vergifnis nodig het.
Volg die leiding van die Heilige Gees en reik uit na daardie persoon. Lees Handelinge 1:4, 5 ter voorbereiding vir môre.
Gepubliseer deur die Wêreld Konferensie Ministeriële Departement. Daaglikse Lesings deur Lr. Don MacLafferty Vertaal deur Lr. M.E. Fürstenburg
DAG 1 DAG 2 DAG 3 DAG 4 DAG 5 DAG 6 DAG 7 DAG 8 DAG 9 DAG 10
