
Maar wanneer jy bid...
DAG 5 — HEILIG U NAAM
“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”(Mattheus 5:16)
Ons is ‘n oop Brief
Die lidmate van 'n kerk, tesame met die leraar, het probeer om hul bure na 'n paar uitreik geleenthede te nooi. Heelwat van die bure het geweier. Die leraar het 'n paar gesinne wat hy geken het gevra hoekom hulle nie wil kom nie. Meeste van hulle het op een of ander manier die volgende gesê: "Omdat mnr. ____ 'n lid is van julle kerk, wil ons liewer nie kom nie. Hy is nie vriendelik of liefdevol nie. Hy het geen respek vir sy medemens of gevoel van skaamte nie en hy bedrieg mense links en regs, hy mishandel sy troeteldiere en is altyd kwaad en onbeskof." Die meeste kerklede het saamgestem met hierdie siening van die bure.
Die Onse Vader begin met die woorde, "Onse Vader wat in die hemel is." God is nie net die God van die heelal nie, maar Hy het ook 'n noue, intieme verhouding met ons. Dan sê dit: "Geheilig sy U Naam." Die Griekse woord is nie hagios nie – wat "heilig of waardig" beteken nie – maar hagiazo – wat "om te heilig" beteken. Hoe kan ons ‘n heilig God heilig of waardig maak wanneer God reeds heilig en waardig is?
Paulus sê dat ons 'n ope brief is wat deur alle mense gelees word (2 Korinthiërs. 3:2). In 1 Korinthiërs 4:9 skryf hy: "...want ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.”
Mense sien nie God nie, hulle sien ons. Ons daaglikse gedrag kan God verheerlik en Hom eer, of dit kan Sy Naam oneer aandoen en die kerk wanvoorstel en sy werk negatief beïnvloed. (Mattheus. 5:13-16).
Betree God se teenwoordigheid met lofprysing en erken Hom dan as u liefdevolle Vader. In plaas daarvan om op u en u behoeftes te fokus, fokus eers op God, Sy naam en Sy eer. "God wil hê ons moet na daardie dinge soek wat Sy Naam sal eer. Ons mag onsself geensins verheerlik nie; ons moet God soek vir genade en geestelike seëninge, sodat ons Sy Naam in ons karakters kan verheerlik. God word verheerlik, Sy Naam word geheilig, wanneer Sy kinders 'n voorstelling van Christus se karakter gee deur hul lewens" (Manuscript 34, 1903, par. 15 Vry Vertaal).
Bid iets soos die volgende: "Vader, help my om U te eer in alles wat ek vandag doen. Help my om U behoorlik te verteenwoordig en U Naam uit te dra sodat wanneer mense My sien, hulle U sal prys. Laat my optree op 'n manier wat mense in staat sal stel om Jesus se karakter deur elke daad en woord te sien."
Soek ook in jou gebed net dinge wat God sal eer en dien. 1 Johannes 5:14 sê dat "En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.”
Ons moet in Jesus se Naam bid, maar dit beteken meer as om net die woorde "in u Naam" te sê. In Bybeltye het 'n naam ‘n persoon se karakter voorgestel. Om in Jesus se Naam te bid, is om binne Sy wil te bid, om die dinge te vra wat Hom en Sy karakter sal verteenwoordig. Jakobus 4:3 sê: "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.” "Om in die Naam van Christus te bid, behels baie. Dit beteken dat ons Sy karakter moet aanneem, Sy gees aan die dag moet lê en Sy werke moet doen." (Koning van die Eeue bl. 668).
Jesus het belowe om ons gebede te verhoor as ons dit in Sy Naam vra, binne Sy wil, en vir iets vra wat God sal verheerlik en eer (Johannes 14:13, 14; 1 Johannes 5:14).
En wanneer God antwoord, moet ons seker maak dat ons lof en dank aan Hom bring en Hom dus so eer. Satan probeer om God se eer vir homself te neem, daarom moet ons geen krediet vir onsself neem nie. In nederigheid moet ons God se ingryping erken en Hom verheerlik deur ons dankbaarheid in woorde, dade en gebede te uiter.
Wanneer ons kla, gee ons vir die wêreld die verkeerde beeld oor God. Op 'n manier sê ons dat God nie goed is nie, Hy gee nie om nie, Hy kom nie Sy beloftes na nie. “Wees altyddeur bly” (1 Thessalonicense. 5:16; Fil. 4:4). Bid, praat en gedra u op 'n manier wat God sal eer. Hoe kan u ander tot geloof inspireer wanneer uself twyfel? Hoe kan u ander vra om God te loof wanneer u kla?
Ons opregte gebed moet wees, "My liefdevolle hemelse Vader, help my vandag om op te tree op 'n manier wat U verteenwoordig voor ander. Laat ek net dinge doen wat U sal verheerlik, en help my om dit wat u my skenk te gebruik op 'n manier wat U sal dien. Laat ek U Naam vandag verheerlik."
Kom ons bid saam.
Gebedstyd (30–45 minute)
Alle gebedsgroepe het verskillende maniere om saam te bid. Ons moedig u aan om die volgende 30-45 minute in verenigde gebed deur te bring, op watter manier ook al die Heilige Gees lei. Ons moedig kort gespreksgebede aan (1-3 sinne). Dit laat meer mense toe om verskeie kere te bid.
Hieronder is 'n paar voorbeelde van gebed deur die Skrif gebaseer op die tema. U kan ook deur ander gedeeltes bid en ander onderwerpe in u gebedstyd insluit. Sien die Leiersgids en Wêreldkerk-gebedsversoeke vir gebedsidees.
Bid God se Woord — Mattheus 5:16
“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”
-
“Laat julle lig só skyn”
Here, U is die Bron van alle lig. Skyn deur ons sodat ander die skoonheid van U karakter kan sien.
Help ons om helder en vrymoedig te skyn sodat ander deur ons liefde tot U koninkryk aangetrokke voel.
-
"Dat hulle julle goeie werke kan sien"
God, soms vergeet ons dat ander mense ons dophou. Help hulle om liefde en nie haat in ons lewens te sien nie. Help hulle om vrygewigheid en nie selfsug te sien nie. Werk in ons lewens om ons kinders, ons bure en selfs ons vyande te seën.
-
"En julle Vader wat in die hemele is, verheerlik."
Onse Vader, U moet meer word en ons minder. Maak ons nederig en help ons naaste om U krag en deernis in ons liefdevolle dade te sien.
Meer gebedsvoorstelle
-
Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale seëninge en vir Sy goedheid.
-
Belydenis: Neem 'n paar minute vir privaat belydenis en dank God vir Sy vergifnis.
-
Leiding: Vra God om wysheid te gee vir huidige uitdagings en besluite wat u moet maak.
-
Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk behoeftes (sien aparte blad met versoeke).
-
Plaaslike versoeke: Bid vir huidige behoeftes van kerklede, familie en bure.
-
Luister en reageer: Neem tyd om na God se stem te luister en reageer in lofprysing of liedere.
Voorstelle vir Liedere
SDA Hymnal:
-
How Great Thou Art (#86);
-
Praise to the Lord (#1);
-
Praise Him, Praise Him (#249)
Advent Lofliedere:
-
Die Heer is my Lig(#217);
-
Prys die Heer met Blye Galme (#9)
-
Loof Hom, Loof Hom(#140)
DAG 1 DAG 2 DAG 3 DAG 4 DAG 5 DAG 6 DAG 7 DAG 8 DAG 9 DAG 10