top of page

10. Jy Mag Nie Begeer Nie -

In die 10 Gebooie is Gebod 6, 7, 8 en 9 dié wat dade van boosheid verbied. (Moord, Egbreuk, Steel en Meineed)

Dan is daar ‘n Gebod wat verbied: “Dit wat aanleiding gee” tot moord, egbreek, steel en meineed. Watter een is dit? Dit is die laaste van die 10 Gebooie:

 

“Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.”

 

Om hierdie Gebod te kan verstaan, asook sy unieke betekenis, is die eerste ding om te verstaan dat hierdie die enigste Gebod van die 10 Gebooie is wat wetgewing op “denke” plaas! Alle ander Gebooie plaas wetgewing op “gedrag”. Om die waarheid te sê, feitlik geen een van die 613 wette in die vyf boeke van Moses verbied denke nie.

Waarom dan sal die 10 Gebooie ‘n Gebod insluit wat denke sou verbied? Want dit is “begeertes” wat so dikwels tot boosheid lei. Of, om dit anders te stel: Begeertes is wat aanleiding gee tot oortreding van die voorafgaande vier Gebooie: moord, egbreek, steel en meineed.

Dink daaroor na - Hoekom doen mense daardie dinge? In die meeste gevalle is dit omdat hulle iets begeer wat aan ‘n ander persoon behoort.

  • Natuurlik is dit die rede hoekom mense steel. Diewe begeer hul slagoffers se eiendom.

  • Dit is ook die rede vir menigte moorde.

  • Begeertes is ooglopend ook die rede vir egbreek omdat die gade van ‘n ander persoon begeer word.

  • Meineed, oftewel “vals getuienis gee”, word dan gepleeg om al die ander misdrywe, veroorsaak deur begeertes, te probeer bedek.

 

Om te verstaan hoekom begeertes die een gedagte is wat verbied word in die 10 Gebooie, en een van die enigste gedagtes wat in die hele Hebreeuse Bybel verbied word, moet ons verstaan wat begeer beteken. Dit is net so belangrik om te weet wat dit nie beteken nie.

Om te “begeer” is baie meer as om net “te wil hê”. Die Hebreeuse woord “Lagmud” beteken: “om te wil hê tot die punt om te soek om weg te neem en te besit – iets wat behoort aan ‘n ander persoon”.

Neem kennis: daar is twee “koöperatiewe elemente” hier: “soek om..te besit” en “behoort aan ‘n ander persoon”

Om te “soek om..te besit” is nie net begeer nie, of in die geval van jou buurman se gade, net met wellus te begeer nie.

Beide “jaloesie” en “wellus” word nie in die 10 Gebooie verbied nie. Onbeheerde jaloesie en wellus kan verseker lei tot slegte dinge, en hulle kan beide sielkundig en emosioneel destruktief wees, maar beide word nie in die 10 Gebooie verbied nie. Hoekom nie? Omdat beide nie dieselfde as begeer is nie. Dit is begeertes wat omtrent altyd lei tot steel, egbreek en partykeer selfs tot moord.

Laat ek dit op ‘n ander manier verduidelik:

Die Tiende Gebod verbied jou nie om te sê: “Sjoe, wat ‘n mooi huis of motor of gade wat my buurman het - ek wens ek het so ‘n huis of motor of gade gehad.”

  • Dit kan destruktief eindig maar dit kan ook konstruktief eindig deurdat dit jou moontlik kan aanmoedig om harder te werk en jou lewe te wil verbeter sodat jy wel jou eie huis, motor of gade kan bekom, soos jou buurman s’n.

 

Dit is wanneer jy “soek om weg te neem en te besit” - hierdie spesifieke huis of motor of gade wat aan ‘n ander persoon behoort, dis hier waar boosheid plaasvind! Dit is wat die Tiende Gebod verbied!

 

Daarom is een van hierdie 10 Gebooie, hierdie 10 basiese reëls vir lewe, dat ons eenvoudig nie onsself kan toelaat om te begeer wat aan ons naaste behoort nie! Wat ook al aan ‘n ander persoon behoort, moet beskou word as heilig. Ons kan nie soek om enigiets te besit wat aan ‘n ander behoort nie, want SLEGS boosheid kan daarvan kom.

'n Liefdesverklaring: "Omdat ek een met U is, sal U Gees my tevredenheid gee om vergenoegd te wees met wat ek het, met die besef dat God gee soos wat ek nodig het en wat Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat ek niks sal kortkom nie!"

Sien ook:

.

bottom of page