top of page

2. Aanbid Geen Ander Gode -

 

Kom ons gesels oor die Tweede Gebod volgens die oudste (die Joodse) numeriese stelsel (in Christendom is dit deel van die eerste Gebod):

“Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.” Die tweede Gebod gaan verder met: “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my Gebooie onderhou.”

Die meeste mense wat aan hierdie Gebod dink, dink verstaanbaar dat hierdie Gebod slegs die aanbidding van afgode en gode verbied, soos die antieke gode van reën, vrugbaarheid, natuurgode en hoofgode soos die Romeinse god Jupiter en die Griekse god Zues. Maar, daar is ‘n groot probleem met die verstaan van hierdie Gebod. Niemand aanbid meer bogenoemde gode of afgode gemaak van klip en hout nie en daarom dink die meeste mense hierdie Gebod is nie meer van toepassing in vandag se moderne lewe nie.

Die ironie is egter dat hierdie Gebod nie net relevant is in vandag se moderne lewe nie, dit is in baie gevalle die MOEDER van al die ander Gebooie! Hoekom is dit dan so relevant vandag? Want in vandag se lewe het ons net soveel valse gode (byvoorbeeld: geld, eie-ek, natuur, akteurs, sangers, TV, Internet, ensomeer) soos wat die antieke mens aanbid het. Hoekom is hierdie Gebod die “moeder” van al die ander Gebooie? Want as ons valse gode identifiseer en aanbidding daarvan vermy, sal ons een van die grootste stuikelblokke uit die weg ruim vir die skep van ‘n goeie wêreld: Valse gode!

Kom ons begin deur ‘n valse god te definieer. Die punt van Bybelse Monoteïsme is dat daar net een God is, en dat net hierdie God, die Skepper van die Hemel en die Aarde, wat eis dat ons hierdie 10 Gebooie hou, aanbid moet word. Waarom?

  • Eerstens, omdat “een God” beteken een menslike ras. Slegs wanneer ons almal dieselfde Skepper het (met ander woorde, een Vader) dan is ons almal broers en susters.

  • Tweedens, deur dieselfde Ouer te hê, beteken ook dat geen persoon of groep inhirent meer waardevol is as die ander nie.

  • Derdens, een God beteken een morele standaard vir alle mense. As God verklaar dat moord verkeerd is, dan is dit verkeerd vir almal, en jy kan nie na ‘n ander god gaan vir ‘n ander morele standaard nie!

 

Wanneer enigiets anders aanbid word, is daar slegte gevolge! Nie net dinge wat uit die aard van die saak tot boosheid (soos die aanbidding van mag, ras, geld, of landsvlag) kan lei nie, maar selfs ook dinge wat amper altyd gesien word as selfs mooi (soos kuns, onderwys, of selfs liefde). Ja, almal van hierdie “wonderlike” dinge, wanneer aanbid word, kan tot verskriklike gevolge lei.

 

Neem kuns as ‘n voorbeeld: baie van die wreedste mense in die geskiedenis was lief vir mooi musiek en kuns, maar as ‘n musiek- liefhebber het ek vroeg in die lewe geleer die nare waarheid dat goeie musiek gebruik kan word om mense te inspireer om boosheid te doen, net soveel as wat dit gebruik kan word om mense te inspireer om goed te doen.

Die groot Hollywood-regisseur Stanley Kubrick, het hierdie punt kragtig bewys in sy klasieke 1971 film genaamd “A Clockwork Orange”, deurdat mense in die fliek verkrag en gemoor het terwyl klasieke musiek in die agtergrond gespeel het.

Neem onderwys: Ons almal herken die belangrikheid wat onderwys kan wees, deur mense voor te berei om werk te kan kry, en tot die verstaan van die wêreld. Maar onderwys opsigself, geskei van die hoër gesag van God en goedheid, kan lei (en in baie gevalle HET gelei) tot groot boosheid. Menigtes van die bes-opgevoede mense in Duitsland, het Hitler en die Nazis ondersteun, en so te sê almal van die Westerse wêreld was ondersteuners van die volksmoord-politieke sisteme van beide Stallin in die Soviet Unie en Mao in Shina - almal HOOGS opgevoede mense. Daar is niks aan ‘n Universiteitsgraad wat sal verseker dat ‘n mens wyser, meer goedgesind, meer eties sal wees as iemand met slegs ‘n hoërskool- opvoeding nie.

Dieselfde is waar van selfs liefde: Liefde is natuurlik in die algemeen baie mooi, maar kan ook lei tot boosheid! In die 20ste eeu het mense wat die liefde vir hul land verhef het bo hul liefde vir God en goedheid, verskiklike booshede gepleeg. Hier is ‘n toets vir jou: Veronderstel die troeteldier wat jy liefhet en ‘n vreemdeling (‘n persoon wat jy nie ken nie, en daarom nie kan liefhê nie), beide besig is om te verdrink. Probeer jy eers jou troeteldier red of eers die vreemdeling? Indien “liefde” die belangrikste was, dan sou jy jou troeteldier eerste red, maar as jy menselewens hoër ag as liefde, sal jy nie jou hart (liefde) volg nie.

HIERDIE Gebod het die “etiese revolusie” van die Bybel en die 10 Gebooie, wat bekend is as “etiese Monoteïsme”, moontlik gemaak. Aanbid die God van die 10 Gebooie en jy sal ‘n goeie wêreld hê. Aanbid ‘n valse god, maak nie saak hoe eerbaar dit klink nie, en jy sal opeindig met ‘n wêreld van wreedheid.

'n Liefdesverklaring: "Omdat U in my hart woon, ag ek dit nie nodig om gesnede beelde van U te maak nie, want ek dra self U beeld!"

bottom of page