top of page

9. Jy Mag Nie Valslik Getuig Nie -

Die Negende van die 10 Gebooie is:  “Jy mag geen valse getuienis teen jou  naaste spreek nie.”

 

Dit beteken twee dinge:

i.   Moenie leuens vertel wanneer jy in die hof getuig nie;

ii.  En moenie leuens vertel nie, punt!

 

Onthou, vir ‘n aksie om verbied te word of vereis te word in die 10 Gebooie, moet dit fundamenteel wees in die skep van ‘n beskawing. So belangrik soos donkie-ry was toe die 10 Gebooie gegee is, bevat die 10 Gebooie geen Gebod om jou donkie verantwoordelik te ry nie. ‘n Beskawing kan slegte donkie-bestuurders oorleef, maar dit kan nie minagting van waarheid oorleef nie, binne of buite ‘n hofsaal.

Sou mense valslik in ‘n hof getuig, kan daar nie geregtigheid geskiet nie, en sonder selfs die hoop op geregtigheid kan daar geen beskawing wees nie. Die Hebreeuse Bybel was so vasbeslote oor hierdie onderwerp dat die straf op ‘n getuie, wat valslik getuig het, dieselfde straf sou wees wat uitgedeel sou word aan die aangeklaagde, sou die valse getuienis geglo is. Daarom, in die geval van ‘n misdaad wat strafbaar was met die dood, was ‘n valse getuie aanspreeklik om die doodstraf te ontvang.

Maar die Gebod is duidelik besorg oor waarheid in die algemeen, nie net in ‘n hofsaal nie. Beide die groot Joodse kommentator Ibn Ezra en een van die mees invloedryke Bybelkenners van die 20ste eeu, Brevard Childs van Yale Universiteit, stem saam dat hierdie Gebod gaan oor “waarheid-praat” in die algemeen. Brevard Childs het uitgewys dat sou die 10 Gebooie uitsluitlik besorg was oor “waar en vals in ‘n hofsaal”, sou dit woorde bygevoeg het soos “in die hof”.

Daar is baie belangrike waardes in die beskawing maar waarheid is waarskynlik die mees belangrike. Goedheid en medelye mag dalk die belangrikste waardes wees in die mikro- (of persoonlike) gebied, maar in die makro (of beskawings-) gebied, is waarheid selfs meer belangrik as goedheid of medelye.

So te sê alle beskawing-booshede, soos Afrika-slawerny, Nazisisme of Kommunisme was op leuens gebaseer. Daar was slawehandelaars, Nazis en Kommuniste wat barmhartig was in hul persoonlike lewens, maar almal van hulle het groot leuens vertel en ook geglo, wat hulle in staat gestel het om deel te neem aan groot booshede.

  • Swart-slawerny was in ‘n groot mate, moontlik gemaak deur die leuen dat swartes minder mens was as wittes.

  • Die Joodse volksmoord sou onmoontlik gewees het sonder dat miljoene mense die leuen geglo het dat Jode minder mens was as Hitler se Aryan “verhewe ras”.

  • Kommunistiese “een-wet-staatstelsels” is totaal op leuens gebaseer. Dit is hoekom die Soviet-Unie se Kommunistiese party koerant genoem was “PRAVDA”, die Russiese woord vir “waarheid”, want DIE PARTY, nie-objektiewe realiteit, was die bron van “waarheid” gewees.

Daar is net soveel boosheid wat deur individuele sadiste en kranksinniges gedoen kan word. Om miljoene mense dood te kan maak, moet normale, en selfs ordentlike mense leuens kan glo. Massa-boosheid word gedoen nie omdat ‘n groot hoeveelheid mense daarop uit is om boos te wees nie, maar gebeur omdat hulle leuens gevoer word wat hulle oortuig dat wat boos is, eintlik goed is.

Die 10 Gebooie is daar om almal van ons te waarsku en met baie min uitsonderings, soos die onmiddellike redding van onskuldige lewens, is geen saak meer belangrik as “waarheid-praat” nie.

Die 10 Gebooie is die wonderlikste lys van instruksies nog ooit bedink vir die skep van ‘n goeie beskawing, maar so ‘n beskawing kan nie geskep word of onderhou word as dit nie op waarheid gebaseer is nie.

'n Liefdesverklaring: "Omdat U in my lewe is, is dit nie meer vir my lekker om van ander kwaad te praat nie. Deur U Gees sal ek ’n mens wees wat van ’n ander niks sal sê as dit nie iets goeds is nie!"

bottom of page