top of page

6. Jy Mag Nie Moord Pleeg Nie -

Jy sal dink dat van al die Gebooie in die 10 Gebooie, die een wat die minste verduideliking benodig die Sesde Gebod is, want dit kom so duidelik voor…

 

Dit is die een wat die King James Bible, die mees in gebruikte Engelse vertaling van die Bybel, vertaal as: “Jy mag nie [doodmaak] nie.

(Die Afrikaanse 53 vertaling vertaal dit korrek as: “Jy mag nie doodslaan nie.” terwyl die Afrikaanse 83 vertaling dit ook korrek vertaal as: “Jy mag nie moord pleeg nie.” Hierdie artikel handel dus uitsluitlik hoe om die King James Vertaling reg te verstaan rondom die Sesde Gebod.)

 

Die teendeel is egter waar, hierdie Gebod (vanuit ‘n Engelse perspektief) word van al die 10 Gebooie, die minste reg verstaan. Die rede is dat die oorspronklike Hebreeuse teks NIE sê “moenie moor” of “moenie moord pleeg nie”, dit sê verkeerdelik: “moenie doodmaak nie”.

Beide Hebreeus en Engels het twee woorde vir die neem van ‘n lewe:

1.   Een is “doodmaak” / “gedood” (Engels: kill) of “Hagag” in Hebreeus

2.   Die ander is “moord” / “vermoor” / “moord peeg” (Engels: murder) of “Ratsach” in Hebreeus.

 

Die verskil tussen hierdie twee woorde is enorm. Die woord “doodmaak” beteken:

i.    Die neem van enige lewe (mens of dier).

ii.   Neem van ‘n mens se lewe opsetlik of per ongeluk.

iii.  Neem van ‘n lewe wettig of onwettig, moreel of immoreel.

 

Aan die ander kant kan “moord” / “vermoor” / “moord peeg” net een ding beteken:

i.    Die onwettige en immorele neem van ‘n lewe.

 

Dit is hoekom ons sê: “Ek het ‘n muskiet doodgemaak”, nie vermoor nie.

Dit is ook hoekom ons sal sê: “Die werker is per ongeluk gedood”, nie “die werker was per ongeluk vermoor” nie.

 

Hoekom dan het die King James-vertalers die woord “doodmaak” gebruik in plaas van “moord pleeg”? Want 400 jaar gelede, toe hierdie vertaling gedoen is, was “doodmaak” dieselfde as “moord pleeg”.

Die gevolg is dat sommige mense nie besef dat die Engelse taal sedert 1610 verander het en daarom dink hulle dat die 10 Gebooie alle vorms van doodmaak verbied. Maar natuurlik is dit nie die geval nie! As die 10 Gebooie enige vorm van doodmaak verbied, sal ons almal vegetariërs moet wees, want om diere dood te maak, sou dan verbode wees. Ons sou almal dan ook passiviste moes wees want dan sou ons nie kon doodmaak, selfs in selfverdediging nie.

Dit is nie nodig om te weet hoe die Engelse taal ontwikkel het om te kan verstaan dat die 10 Gebooie nie alle vorms van doodmaak verbied nie. Dieselfde gedeelte van die Bybel wat die 10 Gebooie bevat, die vyf boeke van Moses (die Pentateug) beveel die doodstaf aan vir moord, laat doodmaak gedurende oorlog toe, skryf dieroffers voor, en laat die eet van vleis toe.

Die korrekte verstaan van die Gebod op moord is krities want terwyl elke moderne vertaling dit korrek vertaal as “moet nie moord pleeg nie”, is daar baie mense wat die King James-vertaling kwoteer om twee standpunte te regverdig wat nie Bybels korrek is nie: Teenstand teen doodstaf en passivisme.

Aangaande “doodstaf” in die Bybel, is die enigste Gebod wat voorkom in elk van die vyf boeke van Moses (Pentateug) dat moordenaars “gedood moet word”! Teenstaanders van die doodstaf is vry om hul opinie te behou dat alle moordenaars toegelaat moet word om te lewe. Maar hulle is nie vry om die Bybel te kwoteer om hul standpunt te ondersteun nie. Tog doen menigtes dit en hulle kwoteer elke keer die Gebod “moenie doodmaak nie”. Dit behoort nou genoegsaam duidelik te wees dat dit nie is wat die Sesde Gebod sê of bedoel nie en is daarom ‘n foutiewe argument.

Ten opsigte van passivisme, die glo dat dit altyd verkeerd is om ‘n mens dood te maak (weer eens het enigiemand ‘n vrye opinie, maak nie saak hoe immoreel dit is nie – wat ander woord as ‘immoreel’ kan mens gebruik as dit verbied word om in selfverdediging iemand dood te maak wat in die proses besig is om onskuldige mans, vroue of kinders in ‘n skool of in ‘n teater te vermoor)?

Maar dit is oneerlik om die Gebod teen moord te kwoteer om passivisme te regverdig. Daar is iets soos “morele doodmaak” – dit word uit die aard van die saak gedoen in selfverdediging teen ‘n aggressor, en daar is “immorele doodmaak”, en die woord daarvoor is “moord”!

Die 10 Gebooie word op twee kliptafels uitgebeeld. Die vyf Gebooie op die tweede tafel handel oor ons optrede teenoor ons naaste. Die eerste Gebod op daardie lys is “moenie moor nie”. Hoekom? Want moord is die ergste daad wat ‘n persoon kan pleeg. Die ander vier Gebooie wat steel, egbreuk, valslik getuig en begeer verbied, is almal ernstige oortredings, maar moord is bo-aan die lys want die doelbewuste neem van ‘n lewe van ‘n onskuldige persoon, is die verskriklikste ding wat mens kan doen!

 

Die volgende keer wat jy iemand hoor sê: “Moenie doodmaak nie”, wanneer hulle die Sesde Gebod kwoteer, verduidelik sagkins maar ferm dat dit eintlik sê: “Moenie moor nie”…

'n Liefdesverklaring: "Omdat ek U liefde my eie gemaak het, sal ek nooit iemand wil seermaak of haat nie, wat nog te sê doodmaak!"

bottom of page