Videos
KYK hierdie kragtige reeks van 7 lesings wat jou gaan uitdaag om gehoor te gee aan God se roep om terug te keer en Sy gesag te aanvaar.
KYK hierdie indringende reeks van 10 lesings wat jou vanuit 'n vars hoek die misleiding gaan uitwys deur die oopgebreekte Skrif.
"En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie."
Videos: Maak kennis met "die gees van die profesie"
Het Ellen G White die gees van die profesie as gawe gehad? Het haar geskrifte getuig van Jesus? Slaag sy die toets as 'n moderne profetes? Werk deur elk van die studies in die voorgestelde volgorde om 'n geheelbeeld te vorm oor die lewe en bediening van Ellen G White.
Videos: Vlug uit die stede uit!?
Kry dieper insig: Daar kom 'n uur wanneer gelowiges in die eindtyd ook "die berge in [sal moet] vlug". Sodra die merk van die dier deur wetgewing afgedwing word sal die ware gelowiges dit "goed begryp" en "die berge in vlug". Ons word egter vermaan om reeds voor hierdie gebeurtenis plaasvind die stede te verruil vir 'n lewe in landelike gebiede.
Mattheus 5: 18-19..."Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele." DIE 10 GEBOOIE IS NIE UITGEDIEN NIE!
KYK hierdie kort en kragtige videos oor die 10 gebooie wat jou nuut daarna gaan laat kyk! Dis nie 'toevallig' deur GOD self op KLIP geskryf nie...
Genesis 3:15..."En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt."
Openbaring 20:10..."En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid."
Kyk hoe die GROOT STRYD, wat in Genesis begin en in Openbaring 'n klimaks bereik, regdeur die geskiedenis afspeel.
Openbaring 12:6... "En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ’n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank."
Kyk die geskiedenis van God se Kerk wat in nagenoeg 34 NC 'gebore' is en wat in Openbaring die woestyn in gevlug het en daar onderhou is.